11/09/2026
🌿 ’N GESLAAGDE JAARVERGADERING BY HUIS ARISTEA 🌿
Baie dankie aan almal wat ons jaarvergadering bygewoon het op 10 September 2026 en saam met ons deel was van ’n insiggewende, waardevolle en sommer net lekker geleentheid. Ons waardeer elkeen se belangstelling, betrokkenheid en ondersteuning! 💙
’n Spesiale en opregte dankie aan al ons gassprekers wat hul tyd, kennis en ervaring met ons gedeel het:
🗳️ Theresa Uys en Francois Berry – baie dankie vir die duidelike en praktiese verduideliking oor die komende verkiesing op 4 November, hoe die proses gaan werk en wat nodig is.
🌈 Monice Brand, bestuurder, vir die voorbereiding en aanbieding van die jaarverslag waarin ons kon reflekteer op die afgelope jaar en kan droom oor alles wat voorlê in die volgende jaar.
📜 Chanté en Natasha van Kemp Associate Prokureurs – baie dankie dat julle met ons kom gesels het oor testamente en ons op ’n verstaanbare manier bewus gemaak het van die belangrike sake rondom boedelbeplanning.
🌸 Derek Swart, Voorsitter van die Beheerraad – dankie vir die besondere boodskap oor perspektief. Jou herinnering om altyd die mooi in alles te soek en, selfs in moeilike tye, ons humor te behou, was ’n boodskap wat beslis by ons gebly het. 😊
Julle het elkeen op ’n unieke manier waarde tot ons jaarvergadering toegevoeg, en ons is opreg dankbaar vir julle bereidwilligheid om deel van Huis Aristea se dag te wees. 💙
By Huis Aristea glo ons dat dit nie net gaan oor waar ons woon nie, maar oor hoe ons saam leef, saam dink, saam lag en mekaar ondersteun.
Dankie aan ons sprekers, ons inwoners, families, personeel en Beheerraad – saam maak ons Huis Aristea ’n besondere plek! 🌿💙
Huis Aristea – Ons Omgee.