28/10/2025
Wanneer jy ’n klein besigheid ondersteun,
ondersteun jy soveel meer as net ’n produk!
Jy ondersteun iemand se droom...
Iemand wat glo dat mooi dinge steeds moontlik is.
Agter elke bestelling sit daar iemand wat hard probeer, wat laatnag nog foto’s neem, bestellings pak & met hoop in haar hart wag dat haar moeite raakgesien sal word.
Elke aankoop, elke “like”, elke deel beteken iets.
Dit sê: “Ek sien jou & ek glo saam met jou.”
Dis die skoonheid van klein besighede
🤍Dit bring mense bymekaar,
🤍Dit bewaardheid drome,
🤍& dit herinner ons dat groot dinge begin met iemand wat die moed gehad het om klein te begin
©Dis Mooi - Preloved by Abbi