07/05/2026
π£π Baie dankie aan Gerrit en die hele Galilea-span vir nΓ³g βn ongelooflike suksesvolle Galilea Gesins Hengelkompetisie! ππ£
Dit is al jare lank βn hoogtepunt op ons kalender, en elke jaar word ons weer herinner waaroor hierdie kompetisie werklik gaan β familie, geloof, saamwees en die liefde vir hengel. β€οΈ
Wat hierdie kompetisie so besonders maak, is die ongelooflike atmosfeer wat julle elke jaar skep. Daar is altyd respek, vrede, lekker kuier en mense wat net hulleself geniet. Van die hengel langs die water tot die kinders se speletjies en poppekaste β daar was werklik iets vir almal om te geniet.
Hierdie is ook een kompetisie wat werklik βn verskil maak β en ons sien dit. Oor die jare kon ons die groei, passie en positiewe impak van hierdie kompetisie duidelik sien. Dit het ontwikkel in iets baie besonders wat mense jaar na jaar saambring. π£π
π₯ Naweek βStatsβ π₯
π Grootste Karp wenners:
π₯ Specimen Obsessed β 18.300kg
π₯ Carp Squad β 17.850kg
π₯ Team Fish β 13.400kg
π£ Swaarste Sakwenners:
π₯ Tripnuts β 31.950kg
π₯ Riggy β 25.950kg
π₯ Die Manne β 12.950kg
4οΈβ£ Team FTA β 11.450kg
Oor die naweek is daar altesaam 27 visse geland, met βn indrukwekkende totaal van 208kg! Dit was regtig βn parade van monsters! ππ₯
Baie geluk aan al die wenners en deelnemers, en baie dankie vir julle ondersteuning en vertroue oor die jare.
Ons waardeer dit opreg en sien reeds uit na die volgende een!