10/09/2026
Goeie dag. Ons was nie voorheen bewus van die rommel wat langs die pad gestrooi is nie.
Ons wil dit egter duidelik stel dat die rommel nie deur Lumber City gestort of daar gelaat is nie. Die Lumber City-bokse wat daar voorkom, is verpakkingsbokse wat gebruik word om materiaal wat ons verkoop, te verpak. Die feit dat ons handelsmerk op die bokse voorkom, beteken dus nie dat Lumber City verantwoordelik is vir waar dit uiteindelik weggegooi is nie.
Ons sal wel help om ondersoek in te stel om vas te stel hoe die rommel daar beland het. Lumber City se eie afval word ook deur die munisipaliteit by ons perseel verwyder.
Ons neem die saak ernstig op en wil graag saamwerk om vas te stel wat gebeur het, maar wil dit duidelik stel dat Lumber City nie die rommel daar gestort het nie