21/01/2026
Vakante pos is onmiddellik beskikbaar vir die volgende posisie:
Drywer en voorraadbeheer
Pligte:
• Hou die werkspasie ten alle tye skoon en netjies.
• Ontvang voorraad
• Gaan haal voorraad van verskaffers buite Heidelberg
• Verpak voorraad
• Lewer bestellings af
• Gereelde voorraadopnames moet gedoen word
• Staan die bestuurder by met pligte soos verlang word
• Gee terugvoer aan die bestuurder en eienaar
Vereistes:
• ‘n Geldige rybewys vir ten minste 'n jaar
• Vermoë om met kliënte en verksaffers te kommunikeer
• Ten minste ‘n Matrieksertifikaat – geen vorige ondervinding is nodig nie. Opleiding sal verskaf word.
• Rekenaarvaardig
• Selfoon met data (WhatsApp en Google Maps is noodsaaklik)
• Pligsbesef, etiek en ‘n oog vir detail
Vergoeding:
• Vergoeding, probasietydperk en verdere pligte sal bespreek word tydens onderhoud
Epos CV na [email protected]